Onderwysstigting vra universiteite moet uitsluiting staak

Die stigting vir onderwys en sosiale geregtigheid in Afrika doen ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse minister van hoër onderwys, wetenskap en tegnologie, Blade Nzimande, om in te gryp en akademiese en geldelike uitsluitings in die 2023 akademiese jaar stop te sit. Die adjunk-voorsitter van die stigting, Hendrick Makaneta, sê aan die begin van die 2022 akademiese jaar is meeste studente by verskeie instellings van hoër opvoeding gedwing om te migreer van aanlyn klasse na fisiese bywoning.