Chinese President vra vir eenheid midde Covid

Die Chinese President, Xi Jinping, vra vir meer toewyding en eenheid namate die land, wat hy noem, ‘n nuwe fase betree in die bekamping van die Covid-pandemie. Xi het aan China gesê eenheid is oorwinning. Die land se skielike wegbeweeg verlede maand van die nul-Covid-beleid, wat vir byna drie jaar gehandhaaf is, het daartoe gelei dat infeksies ongehinderd oor die land voorkom. China sal van Sondag af die uitreiking van paspoorte vir toerisme hervat, betyds vir mense om na die buiteland te reis vir die nuwe Chinese maanjaar, wat op 22 Januarie begin. Talle lande eis egter ‘n negatiewe Covid-toets vir reisigers vanaf China.