Onderwys bekommerd oor beurtkrag en vaslegging van data

Die Departement van Basiese Onderwys in Suid-Afrika is bekommerd oor die vaslegging van data in sy nasiensentrums vir die matriek-eksamenvraestelle te midde van fase ses-beurtkrag. Die departement het die gereedheid van meer as 100 sentrums in die land beoordeel. Die werk sal na verwagting begin sodra die laaste vraestel môre geskryf is. Die departement se woordvoerder, Elijah Mhlanga, sê die kragonderbrekings kan die proses beïnvloed: