Sewes-afrigter gesels oor Kaapstad

Die Springbok-sewes se afrigter, Sandile Ngcobo, sê die span se fokus bly inwaarts gerig met ‘n duidelike idee hoe hulle hulleself wil uitdruk. Hy het Darren Adonis ingesluit in die Blitsbokke se span vir die naweek se Kaapstad-deel van die Wêreldreeks. Adonis is die enigste verandering aan die span wat verlede naweek die Dubai-sewes gewen het. Hy vervang Dewald Human wat met ‘n liesbesering sukkel. Ngcobo sê Adonis se insluiting sal nie die momentum keer wat hulle in Dubai gekry het nie: