DA stel mosie van wantroue teen Ramaphosa in

Die leier van die DA, John Steenhuisen, gaan ‘n mosie van wantroue teen President Cyril Ramaphosa se kabinet indien. Hy het die aankondiging gedoen tydens die debat oor die staatsrede. Steenhuisen sê Ramaphosa slaag nie daarin om sy uitvoerende gesag aanspreeklik te hou vir bewerings oor korrupsie nie. Hy sê die president is ook nie bereid om afstand te doen van kader-ontplooiing nie.