Jeugwerkloosheid ‘n kwelpunt met opkomende verkiesing

Die verkiesing is om die draai en verskeie kwessies moet nog aangespreek word deur die politieke partye. Kosmos 94.1 Nuus het met maatskaplike aktivis gepraat, Sandy Tjaronda. Een van die probleme wat volgens Tjaronda aangespreek moet word is jeug werkloosheid. Die sentimente wat hy het volgens hom word gedeel deur verskeie werkers in die nie-regerings organisasies.