Olimpiese fakkel se aflos begin

Frankryk het hierdie week die Olimpiese fakkel aan sy kus verwelkom met ‘n kleurvolle vertoning deur die stralers van die Patrouille de France, die akrobatiese span van die Franse lugmag. Tienduisende mense, insluitend die Franse president Emmanuel Macron, het bymekaargekom om die Olimpiese fakkel te verwelkom.’n Majestueuse driemas-skip het die Olimpiese fakkel van Griekeland af vervoer vir die verwelkomingseremonie. Die fakkel is verlede maand in Griekeland aangesteek n het nou begin met die 79 dae aflos  regoor die land voor die somerspele begin.