Beurtkrag  bloot verkiesings manupilasie

Die DA beweer Eskom verbrand doelbewus diesel om beurtkrag te voorkom in die aanloop tot die verkiesing op 29 Mei en dit versterk vermoedens dis manipulasie vir politieke gewin. Volgens die party het hy bewyse wat neerkom op druk van die ANC-regering op die bedryf van die nutsmaatskappy. DA-woordvoerder, Mimmy Gondwe, sê die jongste data van die Energiereguleerder van Suid-Afrika toon ‘n kommerwekkende uitputting van dieselbegrotings en meer as die helfte van die begroting vir die eerste kwartaal is in een maand bestee.