Ondersoek na lyk wat langs die pad gevind is geloods

Die Namibiese polisie se Khomas-streekbevelvoerder, kommissaris Ismael Basson, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat ‘n die liggaam van ‘n man langs die Westelike Verbypad in Windhoek ontdek is. Die polisie is tans besig met ondersoeke en geen gemene spel word vermoed nie.