Russe uit Kharkiv, tot by die grens teruggestoot

Oekraïnse troepe wat teenaanvalle teen Russiese magte in die land se noordooste geloods het, sê hulle het nie net Kharkiv terug gevat nie maar, die Russiese troepe tot teen die Russiese grens teruggedruk. Die nuus kom volgens kenners as ‘n verdere verskuiwing in momentum ten gunste van die Oekraïnse magte. Kharkiv, wat sowat 50 kilometer van die grens met Rusland lê, het weke lank swaar bombardemente verduur. Rusland het na sy mislukte pogings om Kiëf oor te neem sy fokus na die suidooste van die land verskuif.