Omikron is nie griep nie – WGO

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê dit is te vroeg om die Omikron-variant as ‘n griep-siekte te ag. Volgens die WGO versprei Omikron so vinnig dat die helfte van Europa in die volgende twee maande met die variant besmet sal wees, wat kommer laat ontstaan oor gesondheidsfasiliteite. In die VSA is daar ook ‘n rekord hoeveelheid gevalle en hospitalisering. Maar, die jongste navorsing toon dat Omikron moontlik so vinnig versprei omdat so baie gevalle asimptomaties is en die pasiënte wat wel simptome het, ervaar dit meer in die lugweë as in die longe, soos die geval was met die Delta-variant.