2,4m kubieke meter water uit Hardap in 7 dae onttrek – Akkerbouraad sê

Die jongste damverslag van NamWater toon dat daar 2,4 miljoen kubieke meter water in ‘n week by die Hardapdam onttrek is. Die meerderheid hiervan word deur die groenskema gebruik. Kosmos 94.1 Nuus het met Gilbert Mulonda, bestuurder van Tuinbou en Akkerbou by die Namibiese Akkerbouraad gepraat oor die groot hoeveelheid water. Hy sê daar is verskeie redes daarvoor.