Om saam met Putin by G20 te vergader is een te veel

Die eerste minister van Australië, Scott Morrison, sê die blote gedagte om by die G20-beraad later vanjaar in Indonesië aan een tafel saam met President Vladimir Putin van Rusland te sit, is een te veel. Die Russiese ambassadeur in Indonesië het gister bevestig Putin beplan om die G20-beraad by te woon. Die ambassadeur het sommige G20-lede se beroep dat Rusland van die beraad verban word, verwerp. Morrison sê Rusland se inval in Oekraïne is geweldadige, aggressiewe optrede wat internasionale wette oortree: