Groot fees vandag in Dubai

Namibië vier vandag Nasionale Dag by die 2022 Dubai Ekspo. ‘n Braaidag word ook vandag gehou. President Hage Geingob is in Dubai en het gister ook gasheer gespeel vir ‘n beleggingsberaad wat gehou was. Geingob het vanoggend die media toegespreek…

‘n Optog word vir later vandag beplan en glanspersoonlikhede soos Gazza, Ees, Mej. Supranational Chanique Rabe, Christine Mboma en Beatrice Masilingi sal daaraan deelneem. Die Namibiese afvaardiging is sedert die opening van die ekspo op 1 Oktober verlede jaar, teenwoordig. Dit sluit op 31 Maart af.