Olifante wek kommer in landbou-kringe

Daar is groot kommer in landbou-kringe oor die toenemende olifantbevolking in Namibië. Volgens die Namibiese Landbou-unie is daar moontlik meer as 30 000 diere in die land, wat nie die vrylopende diere wat van Botswana afkomstig is, insluit nie. Die unie sê die voortslepende konflik kan die landbou-sektor tot op sy knieë dwing. Daar is veral in die noordweste en noordooste konflik met meer kommersiële boere wat in die noordooste geraak word terwyl bewaringsgebiede in die noordweste deurloop. Daar word beraam dat daar ongeveer 24 000 olifante in 2020 in die land was en met ‘n groei van net meer as 5 persent kan die getalle tans op 30 000 staan. ‘n Formele opname word volgende jaar verwag.