Lichtenstrasser eers weer September in die hof

Die moordverhoor van Ernst Lichtenstrasser is tot 27 September uitgestel as gevolg van inperkings deur Korrektiewe Dienste wat deur die pandemie genoodsaak is. Die verhoor het in Februarie vanjaar voor Regter Christie Liebenberg begin en Lichtenstrasser ontken al die klagtes teen hom. Agt getuies het was reeds in die hof. Lichtenstrasser, ‘n dosent by die Tsumeb kampus van die Namibiese Instituut van Mynbou en Tegnologie word daarvan aaangekla dat hy op 15 April 2019 die uitvoerende direkteur van instituut Eckhart Mueller, 72, en Heimo Hellwig, 60, sy adjunk, by die Arandis kantoor doodgeskiet het.