Olie daal na nuwe Covid-gevalle in Beijing

Die prys van Brent ru-olie het met 2 Amerikaanse dollar ‘n vat gedaal na ‘n nuwe uitbreking van Covid-infeksies in Beijing, China. Altesaam 166 Covid-infeksies in Chinese stad is gekoppel aan ‘n enkele kroeg, Heaven Supermarket Bar. Owerhede het gewaarsku dat daar wreedaardige verspreiding van Covid in die stad is. Terwyl die aantal infeksies in die stad laag is volgens internasionale standaarde, is dit baie hoog vir China, wat die wêreld se enigste groot ekonomie is wat steeds ‘n “nul Covid”-beleid handhaaf. China is die wêreld se grootste invoerder van olie en sy inperkings die afgelope paar maande het die prys van die kommoditeit afgedruk. Op die oomblik verhandel Brent net bo 120 dollar ‘n vat.