Bieber toon tekens van herstel, dokter verduidelik sindroom

Daar is goeie nuus vir diegene wat kaartjies het vir Justin Bieber se Suid-Afrikaanse toer later vanjaar. Volgens internasionale nuusagentskappe toon hy reeds verbetering. Hy het oor die naweek gesê hy het Ramsay Hunt-sindroom ontwikkel. Dr Charles Nduka, ‘n Britse plastiese sjirurg sê 75 persent van pasiënte wat die sindroom opdoen en vroeg behandeling ontvang, ten volle herstel. Hy verduidelik presies wat dit veroorsaak.