Man vas vir Angolese brandstof

Die Namibiese polisie sê ‘n 41-jarige Namibiese man is oor die naweek gevang met 15, 25 liter houers, sowel as drie 5 liter houers vol brandstof. Die brandstof is vermoedelik vanaf Angola en die man was onderweg na Opuwo vanaf Oshikango. Die brandstof se waarde word op 5 760 dollar beraam. En in die verre Suide by Warmbad is ‘n 23-jarige man in hegtenis geneem vir die besit van dagga ter waarde van 18 520 Namibiese dollar. Hy sal na verwagting vandag in die hof verskyn.