Mopanie-wurms moet volhoubaar benut word – Shifeta

Die Namibiese minister van die omgewing, Pohamba Shifeta het inwoners van die Omusati-streek gemaan om op ‘n volhoubare manier mopanie-wurms te oes. Hy sê daar word opgemerk dat daar in sommige gebiede oorbenutting van die gewilde proteïen bron is. Die wurms, wat na die reënseisoen op mopanie-bome voorkom, vorm nie net ‘n belangrike deel van Namibiërs se kultuur nie maar ook hulle voedsel. Hy sê die natuurlike hulpbron moet bewaar word.