Oekraïnse dorpie aspris oorstroom om Russe te keer

Die opsetlike oorstroming van ‘n klein dorpie noord van Kiëf wat ‘n moeras geskep het en kelders en landerye onder water gelaat het, maar ‘n Russiese aanval op die dorp verhoed het, was, volgens inwoners al die opoffering werd. Oekraïnse magte het vroeg in die oorlog ‘n dam in Demydiv oopgemaak, wat veroorsaak het dat die Irpinrivier die dorpie en duisende hektaar rondom oorstroom het. Die stap het verhoed dat Russiese soldate en tenks deur die Oekraïne se linies kon breek. Sowat twee maande later moet inwoners steeds opblaasbote gebruik om rond te beweeg en die droë stukke landerye aan te plant.