Onrus sal toeneem solank mense werkloos is

Kenners sê aan plaaslike media dat burgerlike onrus, en gebeure soos Vrydag se chaos by China Town in die hoofstad, sal vererger as gevolg van uitgebreide werkloosheid wat voortduur. Volgens die Unam-ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu beteken dit dat veral jongmense uitgebuit kan word en hy sê die regering moet die kwessie aanspreek. Kenners stem saam dat innoverende oplossings gevind moet word en dat rubberkoeëls en arrestasies geen oplossing is nie. Op die oomblik het jongmense tersiêre opleiding voltooi maar daar is geen werksgeleenthede vir hulle nie en dus, sal werkloosheid verder toeneem. Die protesaksie en gepaardgaande geweld het plaasgevind as gevolg van die vernietiging van vervalste goedere wat die mense meen by Namibiërs, wat probeer om ‘n lewe te maak, afgevat is. Maar, die inkomste-agentskap, NamRA sê die goedere is sedert 2015 gekonfiskeer en die groter meerderheid is nie by Namibiërs gevind nie.