Nuwejaarsboodskape van Russiese soldate kon tot dodelike aanval lei

Nuwejaars-selfoonboodskappe wat Russiese soldate vanaf die oorlogsfront in Oekraïne huis toe gestuur het, het moontlik gelei tot die dodelikste aanval op invalsmagte sedert die begin van die oorlog. Rusland het erken 89 van sy soldate is dood in die missiel-aanval op tydelike barakke, maar Oekraïne meen die werklike dodetal is nader aan 400. ‘n Afgetrede lugmag-offisier, Sean Bell, sê Moskou het verskeie noodlottige foute gemaak. Hy sê Oekraïne het waarskynlik die Russe se ligging verkry weens die gebruik van selfone, en só geweet presies waar om aan te val.