Stad Tshwane monitor gevalle van masels

Die Stad Tshwane sê daar is in tot dusver geen aanduiding van ‘n tros-uitbreking van masels in die metro nie, maar die situasie kan verander. Reis-getalle sal na verwagting toeneem voor die heropening van skole volgende week. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê die munisipale gesondheidsdepartement se reaksie-spanne is gereed om die situasie te hanteer en die verspreiding so ver moontlik te beperk.