KwaZulu-Natal bied internskappe in mariene-wetenskap aan

Suid-Afrikaanse matrikulante word aangeraai om loopbaangeleenthede in die mariene-bedryf te oorweeg. Die Haaieraad van KwaZulu-Natal bied vanjaar 23 internskappe aan vir jongmense wat daarin belang stel om geleenthede in die sektor te volg. Die raad se hoof van navorsing, Matt Dickens, sê dit vorm deel van ʼn regerings-inisiatief om werks-opleiding op die gebied van mariene-wetenskap te skep.