Nuwe volksmoord ‘aktivis’ tree na vore

‘n Groep wat hulself as volksmoord-aktiviste beskryf het skerp gereageer op berigte in plaaslike media wat ‘n Duitse Namibiër aanhaal dat Duitsers nie grond in die land gesteel het nie, maar dit by die regering van die dag aangekoop het. Dit uitlatings is na bewering op ‘n paneelbespreking oor die volksmoord op die Duitse nuuskanaal Deutsche Welle gemaak. Een van die aktiviste Dawid Kaiko meen die uitlatings is nie net arrogant nie maar ook rassisties. Kaiko het aan plaaslike media gesê hy en sy mede-aktiviste ondersteun die ooreenkoms wat tussen die Namibiese en Duitse regerings beklink is maar, meen die 18 miljard Namibiese dollar moet in een betaling gegee word en nie oor 30 jaar nie. Kaiko sê sy beweging verteenwoordig jongmense wat afstammelinge is van die slagoffers van die volksmoord. Kaiko is onbekend aan die media en het ook nie op sosiale media enige teenwoordigheid nie.