Babatjie van 2 weke langs die pad gelos

Uitdagings met baba-storting duur voort in Namibië. Polisie in Katima Mulilo sê hulle is op soek na die moeder van ‘n twee-week oue baba dogtertjie wat haar kleintjie in die gras langs die pad op die dorp gelos het. Die kleintjie is deur ‘n voetganger op die kruising van Chefuzwe en New Cowboy gevind. Sy is in die hospitaal opgeneem en is in ‘n bestendige toestand. Die jongste syfers in verband met die voorvalle in die land toon dat die Namibiese polisie tussen 2018 en 2021 71 onwettige aborsies en 124 gevalle van baba-storting ondersoek.