Nuwe reël vir rugby-skrum

Die wêreldbeheerliggaam het ‘n nuwe reël aangekondig wat bedoel is om skrum-stabiliteit te verbeter en hakers te beskerm. Dit gaan by vanjaar se Ses-Nasies-beker op die proef gestel word. Wêreld-Rugby is gretig om uit te vind of dié klein aanpassing die aantal skrums wat inmekaar sak en weer gevorm moet word, sal verminder, terwyl dit die druk op hakers se ruggraat en nek verlig. Albei hakers moet nou toesien dat een voet, die sogenaamde remvoet, na die teenstanders se kant uitgesteek word tydens die hurk- en bindfase. ‘n Vryskop sal gegee word as dié reël nie toegepas word nie.