Slange, jaguars goed vir kinders met stres

Baba jaguars en ‘n gekleurde endemiese boa-slang is van die eksotiese diere by Kuba se nasionale dieretuin wat volgens ouers en onderwysers buitengewoon effektiewe terapie aan kinders met spesiale behoeftes bied. Kinders troetel die jaguars en speel met hul pote, streel die koel, klam vel van slange en gee melk aan ‘n sebu-koei as deel van ‘n program wat daarop gemik is om diegene met spesiale behoeftes te help om vrese te oorkom, het dieretuinbewaarders gesê. Behalwe om versperrings van vrees te verbreek moedig dit hulle ook aan om die omgewing te versorg en te beskerm. Die program het ‘n ligpunt vir kinders met Down-sindroom, outisme en ander spesiale behoeftes geword tydens ‘n besonderse moeilike tyd op die Karibiese eiland wat swaar getref is deur die koronavirus-pandemie en die gepaardgaande ekonomiese krisis. Die program is gratis in Kuba, waar onderwys van alle vlakke deur die staat gefinansier word.