Diamantproduksie vorder uitstekend in Namibië

Namibië se diamantproduksie het toegeneem tot 1,467 miljoen karaat verlede jaar, vergeleke met 1,448 miljoen karaat wat in 2020 geproduseer is. Dit is volgens die jongste syfers wat deur De Beers bekend gestel is. In die 12 maande tot Desember 2021 het Debmarine die grootste deel van die land se diamante geproduseer, met 1,137 miljoen karaat uit sy mariene diamantbedrywighede, effens meer as die 2020-produksiesyfer van 1,125 miljoen. Namdeb se diamantproduksie het in 2021 met 2 persent toegeneem en het die jaar afgesluit op 0,330 miljoen karaat. De Beers het in 2021 in toename van 29 persent in diamantproduksie aangekondig met 32,276 miljoen karaat wat vir 2021 aangeteken is, vergeleke met 25,102 miljoen in 2020.