Nuwe Covid-regulasies gaan besighede weer laat sake doen, maar …

‘n Ekonoom het gereageer op die nuwe Covid-regulasies wat deur die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, bekend gemaak is. Die regulasies is van krag vanaf 16 November tot 15 Desember. Openbare byeenkomste is verhoog van 200 tot 500 mense per byeenkoms. Sedert ‘n noodtoestand in Maart verlede jaar aangekondig is, het Namibië nog nooit sulke ligte maatreëls gehad nie. Salomo Hei, besturende direkteur van High Economic Intelligence, sê uit ‘n ekonomiese oogpunt sal besighede weer sake doen, maar weens die impak van die Covid-pandemie, is die helfte van die koopkrag gesny.