Nuwe baas by Twee Oseane: enigiets blou is haar koninkryk

Die Twee Oseane-akwarium se Opvoedingstigting het sy nuwe uitvoerende voorsitter, Ann Lamont, verwelkom. Lamont neem by Maryke Musson oor wat aan die stuur van sake was sedert die stigting se ontstaan aan die begin van 2020. Die stigting is die Twee Oseane-akwarium in Kaapstad se nie-winsgewende vennoot en fokus op opvoeding, bewaring en navorsing. Lamont sê enigiets blou is haar koninkryk en die oseaan is vir seker deel van haar karakter: