Mensehandel: Namibië vaar beter as VSA

Mensehandel in Namibië is steeds in die nuus. Die Amerikaanse ambassade in Namibië loof die land se pogings om mensehandel te beveg. Mensehandel is ‘n groot kommer regoor die wêreld en die ambassade se charge d’affaires, Jessica Long, het gesê Namibië vaar baie beter as Amerika in die stryd teen mensehandel.