Nust-student sterf by Stad Windhoek tydens opleiding

Stad Windhoek sê ‘n student is tydens die praktiese komponent van nooddiensopleiding oorlede. In ‘n verklaring sê die munisipaliteit dat die 33-jarige manlikestudent, wat by Nust studeer, besig was met opleiding met betrekking tot beperkte ruimtes toe hy sy bewussyn verloor. Paramedici het gepoog om hom by te staan en hy is afgevoer Katutura-hospitaal toe maar is oorlede. Die opleiding het plaasgevind ingevolge ‘n ooreenkoms tussen die Stad en die universiteit.