Numsa aangekla vir minagting van die hof

Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond Numsa gaan hom vandag in die Arbeidshof in Johannesburg verdedig teen aanklagte van minagting van die hof wat deur die voormalige tweede adjunkpresident, Ruth Ntlokotse, ingedien is. Sy het die hof gevra om die elfde nasionale kongres wat in Kaapstad gehou is, nietig te verklaar. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê Ntlokotse wil ook hê die vakbond se hoofsekretaris, Irvin Jim, en president Andrew Chirwa moet vir minagting van die hof gearresteer word: