NSA: Handel beloop N$15 miljard in Maart

In Maart 2022 het Namibië se totale handel 15 miljard Namibiese dollar beloop, ‘n afname van 12,5 persent in vergelyking met die 17,1 miljard dollar wat in Februarie 2022 aangeteken is, en ‘n toename van 22 persent in vergelyking met die 12,3 miljard dollar aangeteken in Maart 2021. Volgens die Namibiese Handel Statistieke-bulletin van die Namibiese Statistieke Agentskap het die land se handelstekort verbeter tot 2,9 miljard vanaf die hersiene tekort van 4,6 miljard wat in Februarie 2022 aangeteken is.