Nóg ‘n brand in die DRC informele nedersetting in Swakopmund

‘n Brand wat vanoggend in die DRC informele nedersetting op Swakopmund uitgebreek het, het vier groot sinkhuise vernietig. Die sekuriteitsmaatskappy, Omambudu, was eerste op die toneel en kon daarin geslaag om die brand onder bedwang te bring. Die Namibian Marshall Rangers het ook opgedaag en hull bygestaan tot die brandweer van Swakopmund opgedaag het. Sean Naude van die Namibian Marshall Rangers gesels vanaf Swakopmund met Kosmos 94.1 Nuus.