Noorde moet reën kry vir voedselsekerheid

Die Namibiese eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila sê sy is bekommerd dat Namibië nie genoeg of betyds reën in die noordelike dele van die land gaan ontvang nie. Sy sê talle mense is afhanklik is van mahangu as hul bron van voedsel. Die meeste dele in die noorde het nog nie baie reën gekry nie. Kuugongelwa-Amadhila sê die meeste mense in die landelike gebiede in die Noorde is afhanklik van reën vir oorlewing en die regering se begroting sal onder druk wees om hulle te ondersteun.