Noodlottige skietvoorval van SAPD-student ondersoek

Die nasionale polisiekommissaris in die buurland, Fannie Masemola, het ‘n ondersoek van stapel gestuur na die omstandighede rondom die noodlottige skietvoorval van ‘n polisie-student by die SAPD se Taktiese Akademie in Thabazimbi in Limpopo. ‘n Interne ondersoek is aan die gang en die saak is na die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat verwys. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê Masemola het die organisasie se volle samewerking en ondersteuning beloof aan die direktoraat se ondersoek.