Baanbrekerswerk met navorsing van vrylopende ietermagôs

Die Ietermagôbewaring en -Navorsingstigting het die eerste resultate ontleed na een jaar van data-insameling oor vrylopende manlike en vroulike ietermagôs. Die twee is in Oktober 2021 saam met ‘n jong ietermagô opgespoor. Hulle is die eerste vrylopende ietermagôs wat met satelliet- GPS-senders toegerus is. Die data wat ingesamel word, word gebruik om die bevolking te beraam en vir die bewaring van die mees gesmokkelde soogdier te beplan. Ietermagô-navorser Kelsey Prediger deel haar bevindinge met Kosmos 94.1 Nuus.