Landbouministerie waarsku oor vloede in Benede-Oranjerivier

Die Namibiese landbouministerie waarsku oor moontlike vloede in die Benede-Oranjerivier weens watervlakke van wat styg. Die Oranjerivier is besig om te styg weens die vrylating van water uit die Bloemhof, Gariep- en Vanderkloofdamme in Suid-Afrika. Volgens die Paaie-owerheid van Namibië is die pad vanaf Rosh Pinah na Aussenkehr tot verdere kennisgewing gesluit ná die pad oorstroom is. Reisigers moet liewer van die pad tussen Keetmanshoop, Aus en Rosh Pinah gebruik maak totdat die watervlakke gesak het. Die pad tussen Rosh Pinah  en Oranjemund word gemonitor. Die ministerie maan dat die vloei in die Benede-Oranjerivier in die komende weke hoog sal bly.