Nóg ‘n skietvoorval in Washington DC

Enkele dae ná ’n skietery by ’n bofbalwedstryd in Washington DC, in Amerika, was daar ook ’n skietery buite ’n restaurant in dié deelstaat. Die polisie het op Twitter gesê hulle is gisteraand uitgeroep na ’n skietery in ’n straat wat bekend is om sy restaurante en kroeë. Die polisie sê twee mans is raak geskiet en na hospitale geneem. Daar was verlede Saterdag ook ’n skietery buite ’n stadion waar ’n bofbalwedstryd in Washington gespeel is, is vroeër berig.