Namibiese kinderadvokaat geskok oor kindergeweldstudie van Afrika

Die Namibiese kinderadvokaat, Ingrid Husselmann, reageer op ‘n studie waarin bevind is dat Afrika onaanvaarbare vlakke van geweld teenoor kinders beleef. Die Afrika-vennootskap om geweld teen kinders te beëindig, se studie toon dat meer as die helfte van alle kinders fisieke mishandeling beleef en in sommige dele van Afrika is vier uit tien meisies voor die ouderdom van 15 onderhewig aan seksuele mishandeling. In sommige dele van die vasteland. Afrika het die hoogste vlak van kinderverwaarlosing in die wêreld met 41,8 persent meisies en 39,1 persent seuns wat deur hul versorgers verwaarloos word. Husselmann het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is verwoestend vir die Afrikavasteland.