Nóg ‘n opwindende deurbraak vir MeerKAT-radioteleskoop

‘n Internasionale span sterrekundiges het die MeerKAT-radioteleskoop ingespan om vas te stel hoeveel brandstof nodig is om sterre te vorm soos wat vier miljard jaar gelede gebeur het. Aamirah Sonday, woordvoerder van die Universiteit van Kaapstad, sê die navorsers het met dié radioteleskoop in die Noord-Kaap gekyk na neutrale waterstofgas – die algemeenste element in die heelal en die stof waaruit sterre gevorm word – en bevind dat sterrestelsels hul eie brandstof-reserwes vir ster-vorming kan aanvul.