Onwettige mynbou kos SA goudmyne jaarliks miljarde

Suid-Afrikaanse politieke partye doen ‘n beroep vir verskerpte pogings om onwettige mynbou in Suid-Afrika te bekamp. Parlementslede het tydens ‘n debat in die Nasionale Vergadering gesê onwettige mynbou hou verband met die gebrek aan doeltreffende grensbeheer, aangesien die oortreders dikwels ongedokumenteerde buitelandse burgers is. ‘n ANC-parlementslid, Mikateko Mahlaule, sê hoe meer onwettige mynbou floreer, hoe minder is die waarskynlikheid van langtermyn-volhoubaarheid in die bedryf. Sekondêre nywerhede word ook minder ekonomies lewensvatbaar. Onwettige mynbou kos goudmyne jaarliks tien miljarde Suid-Afrikaanse rand.