Nog ‘n EU-land perk inwoners in

Slowakye het die jongste Europese land geword om streng nuwe inperkingsmaatreëls in te stel na ‘n styging in koronavirus-gevalle. Die land het die hoogste besmettingskoers in die wêreld aangeteken, terwyl die dodetal weens die virus in Duitsland tot bo 100 000 gestyg het. Media berig die owerhede in Nederland beplan ook wat hulle beskryf as “ernstige maatreëls” om die verspreiding van die siekte te bekamp. Inwoners van Europese Unie-lande sal ook versterkingsdosisse moet kry om sonder beperkings na ander lande te reis.