N$10m vir vakansie vir jou werkers

‘n Restaurant in Hongkong dok meer as 10 miljoen Namibiese dollar op sodat sy buitelandse werkers ‘n vakansie tuis kan geniet. Buitelandse personeel wat vir die Black Sheep-restaurantgroep werk kon weens die Covid-pandemie reeds vir amper twee jaar nie hul geliefdes besoek nie. Die onderneming het aangebied om vir hul vlugte, Covid-toetse en kwarantynverblyf te betaal, en sal ook daaglikse maaltye by hul hotelle laat aflewer terwyl hulle in afsondering is met hul terugkeer na die Chinese gebied. Die personeel moet op hul beurt vir ten minste nog ‘n jaar by die groep werk.