Nog ‘n baba-sterfte in die hoërhof

Lynette Morkel se saak waar sy die gesondheidsminister vir 225 000 Namibiese dollar dagvaar, is weer vandag voor regter Marlene Tommasi in die hoërhof. In haar stukke sê Morkel haar baba is op 25 April 2016 gebore. Sy het die kleintjie op 8 Junie na die St Mary’s-hospitaal op Rehoboth geneem vir ‘n roetine inentings. Sy sê aan die hof dat sy wel haar kommer uitgespreek omdat die baba verkouerig was maar, die inenting het voortgegaan. Die kleintjie is op 9 Junie by haar huis dood. Die saak is een van talle wat teen die minister hangende is. Daar is ook talle sake waar vroue wat gekraam het op permanente skade opgedoen het of, babas wat tydens kraam gesterf het. Die Regshulpsentrum staan die aansoekers in die sake by. Die saak word, nes die ander, verdedig en sloer reeds sedert 2017.