Soweto-inwoners boikot 36 jaar betalings aan Eskom

Die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Mike Schussler het sy misnoeë uitgespreek op sy Twitter-blad oor die weiering van Soweto-inwoners om krag te betaal, sedert 1986. Die oorspronklike boikot het die vrylating van Nelson Mandela geëis maar, niks is na 1991, toe hy vrygelaat is, aan die boikot gedoen nie. In 2013 het die Washington Post berig dat die destydse Eskom-hoof, Brian Dames gesê het dat Eskom betalings van minder as ‘n vyfde van sy kliënte in Soweto ontvang. Hy het ook bevestig dat van die rekenings langer as 20 jaar uitstaande is. Volgens die Washington Post het Dames bygevoeg dat die uitstaande skuld in die eerste helfte van 2013, met 10 persent gestyg het na 350 miljoen Amerikaanse dollar. Schussler sê die boikot is reeds 35 jaar in plek en beurtkrag, 14 jaar.