Nog internasionale belange, die keer vir olie in noordooste

88 Energy, wat in Brittanje en Australië genoteer is, het ‘n 45 persent belang in ‘n eksplorasie-gebied in die noorde van Namibië verkry in ‘n ooreenkoms wat met die bestaande operateur, Monitor Exploration, gefinaliseer is. Die gebied, PEL 93, dek ‘n 18 500 vierkante meter oppervlakte, bestaande uit blokke 1717 en 1817. Volgens 88 Energy beslaan PEL 93 ‘n uitstekende gebied in die Sentrale Owambo-kom. Onlangse boorresultate in nabygeleë gebiede binne die Owambo-kom het die potensiaal van ‘n nuwe en onderontginde konvensionele olie- en gas-area uitgelig – die Damara-vou-gordel. Volgens 88 Energy bied die Damara beduidende teikens vir eksplorasie van ‘n gelykstaande grootte as dié wat aan die kus van Namibië ontdek is. Monitor het ‘n reeks geofisiese en geochemiese tegnieke gebruik om die beduidende potensiaal van die oppervlakte te identifiseer en te bekragtig.